Monday, March 7, 2011

Siek wees en support crew

 
Ek het laasweek 2 skooldae in die bed spandeer. nie omdat ek wou nie, maar omdat ek siek was.
So lekker soos dit klink om te loaf, kan ek nie veel onthou nie. Als is verby in 'n waas van drugs, koors drome, fietsry stories op die rekenaar, hopeloos te veel reruns van series op die rekenaar, en te min tyd buite my woonstel. Toe ek woensdag aand by die dokter insleep het hy gese ek moes kyk hoe ek sondag voel en kon dalk sondag die Argus MTB ry as ek beter voel. Ja, daai kite het nie gevlieg nie. Ek het net die fiets van my bakkie afgehaal om die wiel te pomp. Sug.

Maar 'n klomp van my vriende het Die Grape Escape gery. 3 dae van bergfiets van Blauwberg strand af via Nelsons Creek. Ons het almal by Boschendal gekamp en ek het gegaan om te help waar ek kon.

 Oor die laaste 9jaar van fietsry het ek nog altyd 'n awesome support crew agter my gehad. Dit het gewissel van my ma en pa, vriende, en my sponsor Francois toe hy my nog uitgehelp het. Tussen die klomp mense het ek nog nooit issues gehad nie, my pa het 24ure wakker gebly om my te help by 24hr races, Francois het vir 8dae agter my en Sybrand aan gery in 'n bus en ons deur die Epic gehelp, ons bene gevryf, kos gemaak, fietse gewas en selfs ons klere gewas. My ma staan ure agter kospotte en pakselfs piekniek madnjies waarmee ek vir skone jong dames romantiese (kersliglose) aandetes kon maak by die Oak Valley 24hr. Dan het ek tussenin vriende wat Stellenbosch deur gestap het om my vir 20 sekondes te sien soos ek by hulle verby ry in die Epic 2006, en my ouers wat Napier toe gery het met my sodat ek 'n 28km funride kon doen (petrol was goedkoper in daai dae.)

So die naweek was vir my 'n kans om my nuwe fietsry vriende te kon help. Hanri was donderdag aand in 'n effense fietsry ongeluk en moes ook uitsit, so ek en sy het die kinders opgepas. 
Daar was 'n paar interresante oomblikke, soos toe ek deur die speedcop afgetrek is omdat die Fordttt se agterligte dood is, Freddie wat inkom met 'n thousand yard stare en 'n vet hematoom agter die oor, en selfs prysgeld vir Nadia en Bernice. Freddie het rerig skote gevat en skrikwekkend gelyk die saterdag, maar met genoeg Rehidrat, 'n proetin shake, rus en 'n morsige steak het hy wonderlik gerecover en vrek sterk op die fiets gewees die sondag.

Dinge wat ek geleer het die naweek:
Freddie reageer goed op ‘n mengsel van Rehidrat, protein shake,massage gekombineer met La Romantica Steak en vroeg slaap.
Hanri begin binne 15mins na John verlang.
Daar mag dalk ‘n plek onder die son wees vir sirkus fietse.(Sirkus fietse is die nuwe mode van fietse met groter wiele, soos wat John ry)
Moenie Pick n Pay jumper leads gebruik om ‘n Fordttt te jumpstart nie.
Kamp in die skaduwee.
Hangmatte is luuks. Veral in die skaduwee.
Werner se Mamma Kar sit lekker in Helshoogte se draaie met 6mense in die kar.
Die goeie fietsryers het die mooiste meisies.
Dit is nog warm genoeg vir somer rokkies.
Stans/sealant is iets waarop mens nie moet skimp nie.
Jou fiets sal jou afgooi en agter die oor byt as hy/sy dink jy mishandel hom/haar.
Willie se Ellsworth is moer hot!
Schwinn Moabs mag dalk entry level wees, maar met ‘n lekker stel bene staan hulle nie terug nie.
Mens bly altyd vir die prysuitdeling as Nadia en Bernice saam kuier. Al is hulle hoe gatvol.
Freddie sal jou verras.
 
My highlights van die naweek was om te sien hoe Freddie en Bernice sondag goeie rides ingesit het, Om te sien hoe goed Fred gerecover het, om te sien hoe Bernice deur die pyn gedruk het sondag, om te sien hoe sterk John en Nadia is, om vir Willie te leer ken, en om te sien dat Werner na ‘n moer lange dag, nogsteeds ‘n smile het.


Ek het rerig 'n goeie naweek gehad. Ek weet nie hoeveel ek my span kon help nie, maar ek glo net die ekstra hand en iemand wat protein shakes aandra en water gaan haal het gehelp. En ek sal hule met liefde help. Om te kamp is vir my ‘n plesier, maar om saam met vriende soos hulle te kamp is ‘n blessing. So ja, ‘n goeie naweek sonder my fiets…

PS: ek het 'n paar cool foto's ook geneem, maar omdat my internet konneksie staatmaak op posduiwe wat ek Amerika toe moet stuur, gaan ek dit 'n ander keer moet opsit.


No comments:

Post a Comment