Die 24hrs of Oak Valley begin.
My eerste 24hr was einde 2003. Toe het ek met ‘n duiklig op die handlebar en ‘n 4AA padfiets lig op my helmet gery.
Die jaar daarna het ek geupgrade en met ‘n Petzl koplampie gery. ek kon net sowel ‘n kers in ‘n konfyt blk gedruk het.
Nou ry ons met ligte wat my bakkie skaam maak en word die Petzl in die
Kamp gebruik.
In 2006 het ek gery met ‘n drivetrain wat shot was, dit het op my laaste lap die gees gegee en ek het die baan gehardloop.
2jaar terug het ek dit gery met ‘n fiets wat die aand voor die tyd eers opgebou is. Dit was ‘n stressvolle week. En ‘n goeie manier om ‘n nuwe fiets te leer ken.
Venue het gewissel van Malmesbury, Wiesenhof en nou is dit Oak Valley
Ons kamp het verander van die Mavericks Cycles bussie waar ek onder die sterre geslaap het, tot my pa se bakkie met ‘n gazebo waarvan ons die pale met harke se stele gelas het, tot die Falcon Sports span se compound met vrieskaste en krag tot nou waar ons so gekonfyt is dat als wat ons nodig het in een bakkie pas, en dit goed soos hangmatte, gazebo’s, gas stowe en kamp ligte insluit.
Een ding wat konstant was oor die jare is die pret, die uitdaging, die feit dat jy deur jou eie denkbeeldige fisiese grense moet stoot en die ongelooflike kamaraderie onder die mense, ondersteuners en ryers ingesluit.
Ek is gepak, my batterye is gelaai, fiets is perfek, my bene voel goed en vanaand eet ek ekstra pizza en gaan slaap vroeg.
Dit gaan ‘n lang naweek wees, maar ek sien vreeslik uit!
Vrede
Phlip
No comments:
Post a Comment